Vir die Mensdom en die Aarde en die buitenste ruimte vaarders wat verlore gaan!

Mensdom Oorlewing is hier om te help om lewens in die buitenste ruimte te red, en dalk nog die aarde.

Bekyk digitale produk V1


My doel is om 'n nuwe span jong volwassenes met huidige idees op die been te bring en hierdie onderneming te dwing om die aarde te red van voorwerp wat bestem is om met die aarde te bots, en hulle aan te moedig om die probleem op te los oor die redding van ruimtevaarders wat hulself buite opsies bevind en dus gered moet word.

Let wel: Mensdom Oorlewing is heeltemal onafhanklik en is nie verbonde aan of deel van ander ruimte agentskappe nie. Die enigste ooreenkoms in ons werklyn is 'die buitenste ruimte'

Mensdom Oorlewing sal egter voldoen aan internasionale standaarde wat reëls aangaande die weglaat van die aarde en die ruimte betref, in ruimte -regulasies en veiligheidsmaatreëls.

Wereldwye vrywil-ligers van alle rasse en ouderdomme en beroepe sal deel uitmaak van die span deur middel van die huidige webwerf, wat 'n verdere probleemoplossings ondersteuningsgebiede het, waar u kan help met u advies.

Wat is die ware doel!

'n Buitenste ruimte redding platform wat enige en alle mense toelaat om deel te hê in die ontwikkeling en reddingspoging .Wat voorwerp wat kan bots met die Aarde sal keer, en die redding van buitenste ruimte vaarders wat geen opsies meer het, en hulself in moeilikheid in die buitenste ruimte bevind.

astroid heading to earth

Hier kom dit!

‘n Asteroïde, komeet of klip of wat ook al jy dit wil noem. Dis op pad om aarde se huidige lewe uit te wis. Dalk nie in jou leeftyd nie of dalk nie eens jou vyfde generasie kleinkinders van nou af. En aan die anderkant, kan dit môre gebeur. Is jy nie moeg om sulke stories te hoor en daar word so min inligting en kennis van ondernemings wat dit ernstig vat en net op dit fokus, nie bekend gemaak nie. Ek wil graag weet wat gaan vir wat en die hele Aarde 'n kans gee om te help om so iets te verhoed. Span werk!


Die goeie ou dae.

Onthou jy iemand wat al gesê het dat: “hulle nie meer goed maak soos in die ou dae nie”. Wel alles wat ons gaan skep, gaan hard, sterk en tot ‘n mate onbreekbaar moet wees.


Is dit Moontlik.

Van hierdie goed klink dalk onmoontlik, maar dink so daaraan: Daar gaan mense wees wat soos; ‘n groot swart besie, in die aand in jou kamer in vlieg, net voor jy die vensters wil toemaak. Dan vlieg hy teen die plafon en teen die mure vas en pla ‘n mens. Dan hoop jy hy vind daardie gat in die een venster net twee meter regs, en kom uit en wees weer vry. Maar daardie aand gaan verby en die dag staan jou deur oop en vensters oop. Maar die volgende aand is daar die selfde besie nog steeds in jou kamer. Jy weet as daardie besie net twee meter links gaan en die gat kry, of in die dag, by die deur uit gaan. Gaan hy nie dood nie. Maar dis wat meeste van die tyd gebeur, hulle dood in jou kamer. Wees soos daardie een besie wat die gat kry, of by die deur uit gaan. Soms lyk dit nie of daar ‘n oplossing is nie, en soms gaan ons dood, al was daar net twee meter vêr ‘n kans op oorlewing.


Wie is Ek?

Ek is Hendrik Christoffel Potgieter. Toe ek nog baie jonk was, voor kleuterskool, het ek ‘n nagmerrie gehad wat elke nou en dan herhaal het as ek probeer slaap. Die nagmerrie was dat ek slaap en wakker skrik in die buitenste ruimte terwyl die aarde disintegreer. Ek word wakker in die droom op my bed, waar ek snak na asem en my kamer breek oop en net as ek begin sweef in die buitenste ruimte, probeer ek omkyk na die aarde om te sien wat gebeur. Maar ek sterf en skrik wakker in die regte wêreld voordat ek kan sien wat gebeur. Toe besluit ek om iets daaromtrent te doen in my grootmens lewe. Toe kry ek nie meer die nagmerrie nie. Toe ek in die laerskool was, sien ek myself die vlag hys op Mars. Die vlag het later verander maar my nagmerrie het nou ‘n doel geskep vir my lewe.


Die tyd tel af tot wanneer ons al in volle vlam moet kan werk.

So ver het ons ‘n rukkie om alles bymekaar te kry en te toets en reg te wees vir daai oomblik van ons eerste sukses.

Aftel tot wanneer
ons ons eerste braai hou
in die buitenste ruimte:

  • - dae
  • - ure
  • - minute
  • - sekondes
🎏 🎊 🎉